Juffrou By Die Huis bied gestruktureerde aanlyn Afrikaanse program vir skoolleerders. Met videolesse, aflaaibare werkskaarte en duidelike visuele notas — alles op een plek, enige tyd beskikbaar.

Videolesse ingesluit

Aflaaibare werkskaarte

12 maande toegang tot program

Veilige betaling via Paystack

9
Kursusafdelings

60
Lesse

1 Jaar
Volle toegang

Graad 4-9
Fokus
Elke kursus is opgedeel in afdelings met videolesse en werkskaarte, ontwerp om Afrikaans hanteerbaar, verstaanbaar en nie -oorweldigend te maak nie.

Bou 'n sterk grondslag in Afrikaanse taalvaardighede deur gestruktureerde lesse en geleide oefening.ddddd
Vind meer uit





Ontwikkel jou kreatiwiteit en selfvertroue in Afrikaanse skryfwerk deur boeiende take en voorbeelde.

Sluit aan
Skep jou rekening binne sekondes — geen ingewikkelde vorms nie.

Betaal veilig
Betaal een keer via Paystack en kry onmiddellike, 12-maande toegang.

Begin leer
Kry onmiddellik toegang tot alle lesse, werkskaarte en notas. Jy kan slegs op een toestel (slimfoon, rekenaar of tablet) op 'n slag ingeteken wees.

Jaarlikse her-registrasie
Na 12 maande kan jy eenvoudig jou lidmaatskap hernu om voort te gaan. Daar is 'n 90- dae grasie tydperk om te hernu.
Begin vandag Afrikaans baas raak — dit neem net ‘n minuut.

Videolesse
Kort, duidelike videos wat soos regte klastyd voel — kyk en herhaal teen jou eie tempo.

Aflaaibare werkskaarte en memos
Druk werkskaarte uit of voltooi dit digitaal om elke les vas te lê. Toets jou kennis met die handige memos.

Visuele Notas
Kleurvolle blokke, diagramme en slim uitlegte om inhoud te laat vassteek.... selfs al is jou aandag geneig om te dwaal.

Veilige Inhoud
Videos word beskerm en werkskaarte word veilig slegs aan ingeskrewe lede verskaf.

Leer Enige Plek
Met 'n internetverbinding kan jy JBDH vanaf enige toestel gebruik - foon, tablet of rekenaar.

Gebou vir Graad 4-9
Inhoud is aangepas vir die Suid-Afrikaanse Graad 4-9 Afrikaans HT en EAT KABV-kurrikulum en is ideaal vir Graad 10-12 hersiening.
Geen verskuilde fooie nie. Betaal een keer en kry toegang tot alle programafdelings, videolesse en graad-spesifieke werkskaarte vir 12 volle maande.
Volle Programprys
R3000
Eenmalige betaling • 12 maande toegang
Ekstra graad-werkkaarte
R500
Voeg werkkaarte en memo’s vir ‘n ander graad by. Ideaal vir gesinne met meer as een kind.
Jaarlikse hernuwing
R500/jaar
Gaan voort met toegang na 12 maande deur jou intekening te hernu. Daar is ‘n 90- dae grasie tydperk om te hernu.
Het jy ‘n afslagkode of agentekode? Gebruik dit by die betaalpunt.
Hallo en bly te kenne.
Ek is Charlaine Joubert – ook bekend as Juffrou by die Huis. Ek is ‘n oud-onderwyseres en oor die afgelope 40 jaar het ek by kleuterskole, laerskole, hoërskole, ‘n leersentrum, ‘n skool vir spesiale behoeftes, ‘n ABET-sentrum en ‘n destydse departementele musieksentrum skoolgehou. Ek het selfs tydens Covid ‘n tuisskool oopgemaak en ekstra klasse aangebied. Met baie jare se onderwys ondervinding het daar duisende kinders deur my hande gegaan.
Alhoewel ek ook in verskeie ander industrieë gewerk het, het my liefde vir skoolhou, vir tale en vir kinders nooit getaan nie. Ek was nog altyd baie lief vir Afrikaans – Afrikaanse outeurs en boeke, Afrikaanse flieks en TV- programme en Afrikaanse musiek. By dit het ‘n mamma eendag spottenderwys vir my gesê dat ek my maar moes regmaak om haar kind universiteit toe te vergesel sodat hy kon slaag en ‘n graad 5-kind het een middag na ‘n Afrikaans ekstra klas vir my gesê: “Juffrou, ek wens jy kon saam met my huistoe gaan en my elke dag leer”. Die lawwighede het my lekker laat lag maar vanselfsprekend, my liefde vir Afrikaans en vir kinders en die groot behoefte aan Afrikaans ekstra klasse in ag geneem, het my gedagtes hulleself begin orden en so het Juffrou by die Huis – Afrikaans Taalleer ‘n werklikheid geword.
Goedheid en guns.
Jou eie
Juffrou by die Huis xx
2000+
Leerders Ondersteun
40+ Jaar
Ondervinding
KABV
Kurrikulum Belyn
Verdien kommissie deur leerders te help om suksesvol te wees in Afrikaans — deel bloot jou unieke verwysingskode met ouers en leerders.
Geen ervaring nodig nie. Geen ingewikkelde stelsels nie. Net ‘n eenvoudige manier om waarde toe te voeg en ‘n inkomste te verdien.
„My 13-jarige dogter het Juffrou By Die Huis terdeë geniet! Met al Juffrou se hulp, opgeruimdheid, aanmoediging en grappies het my dogter baie geleer. Waardevolle boustene is gelê en ek glo en vertrou Juffrou By Die Huis gaan nog BAIE ander kinders help en inspireer om lief te wees vir hul taal!”
O
Lezanne Brink
My seun, Charlie KLINGBIEL, het ekstra Afrikaanse klasse by „Juffrou By Die Huis”, Juffrou Charlaine, gehad.
Hy het baie van hierdie Afrikaanse lesse gehou en soveel geleer in die tyd wat hy saam met haar spandeer het. Hy het gesê haar lesse was pret en interessant, en hy het baie geleer terwyl sy hom gehelp het om voor te berei vir die kwartaaleksamens.
Ek sal Juffrou Charlaine vir enige iemand aanbeveel aangesien sy ‘n enorme impak op my seun se lewe gemaak het.
O
My dogter het ekstra klasse by Charlaine gekry; sy het baie moeite gedoen en was geduldig en ondersteunend met my kind se ekstra taalklasse. Ons het werklik ‘n enorme verbetering in haar selfvertroue, begrip en punte gesien. Sy het die werk altyd op ‘n kalm en verstaanbare manier verduidelik en my kind het elke les geniet. Haar passie en omgee maak regtig ‘n verskil. Ek sal haar beslis aanbeveel vir enige ouer wat op soek is na ekstra hulp vir hul kind.
O
Elmarike Swanepoel
My dogter het ekstra klasse by Charlaine gekry; sy het baie moeite gedoen en was geduldig en ondersteunend met my kind se ekstra taalklasse. Ons het werklik ‘n enorme verbetering in haar selfvertroue, begrip en punte gesien. Sy het die werk altyd op ‘n kalm en verstaanbare manier verduidelik en my kind het elke les geniet. Haar passie en omgee maak regtig ‘n verskil. Ek sal haar beslis aanbeveel vir enige ouer wat op soek is na ekstra hulp vir hul kind.
O
Ons is 2 kinders in die gesin. Moet ons vir elke kind ‘n program aankoop?
Nee, ‘n gesin koop een program aan. Die program, met die oorspronklike aankope kom met ‘n stel werkskaarte vir een graad. ‘n Graad–spesifieke stel werkskaarte kan aangekoop word vir ‘n tweede (of derde of vierde) kind.
Vir watter grade is JBDH geskik?
JBDH is ontwerp en geskryf vir Graad 4 tot Graad 9 leerders. Daar is werkskaarte vir elke graad, per les beskikbaar. JBDH kan vir Graad 10 tot 12 as ‘n verwysing of hersieningsinstrument met groot welslae gebruik word – veral as die kind bietjie sukkel met Afrikaans Taalleer
Is JBDH geskik vir Afrikaans HT en EAT?
Ja, JBDH is geskik vir HT en EAT.
Op watter toestel kan ek JBDH kyk?
JBDH kan op ‘n skootrekenaar, tablet of selfoon gekyk word. Jy kan slegs op een toestel (slimfoon, rekenaar of tablet) op ‘n slag ingeteken wees.
Vir hoe lank is die JBDH subskripsie geldig?
Die inisiële aankoopbedrag gee vir jou toegang vir een jaar. Na een jaar, is ‘n herregistrasiefooi van R500 betaalbaar om toegang vir die volgende jaar te kry. Die hernuwingsbedrag is betaalbaar binne 90-dae.
Is daar ander voordele verbonde aan JBDH?
Ja, jy word outomaties deel van die JBDH gemeenskap vir jou spesifieke graad (ongeag hoeveel kinders in die gesin is). Daarop ontvang jy allerlei interresanthede en addisionele inligting.
Kan ek JBDH gebruik vir toets en eksamen voorbereiding.
Ja, verseker. Ongeag wat jou eksamenafbakenings bevat, sal jy dit op JBDH vind en deur die lesse en werkskaarte gaan ter voorbereiding van die eksamen.
Hoe kan JBDH my help met my elke-dag huiswerk?
Soveel keer klink ‘n les in die klas maklik maar wanneer jy tuis kom en jou huiswerk moet doen, dan het jy baie van die detail vergeet. Jy kan dan JBDH aanskakel en na die relevante les gaan kyk en sodoende is jou huiswerk baie makliker om te doen en die leerinhoud word vasgelê omdat jy dit vir die tweede maal gehoor het.
Hoeveel keer kan ek na die lesse kyk?
Dit is wat JBDH so uitsonderlik maak. Jy kan soveel keer na die lesse kyk as wat jy wil en totdat jy gemaklik voel met die inhoud.
Is die platvorm net weeksdae en deur die dag beskikbaar?
Een van die grootste voordele van JBDH is dat die lesse altyd beskikbaar is. Of jy nou in die aande of oor naweke en self op vakansiedae daarna wil kyk, dan is die program beskikbaar. Jy werk in jou eie tyd en op jou eie tempo.
Vraag: Is JBDH “CAPS”-gebaseer?