Home » Oor Ons
Hallo en bly te kenne. Ek is Charlaine Joubert ook bekend as Juffrou by die Huis. Ek is ‘n oud-onderwyseres en oor die afgelope 40 jaar het ek by kleuterskole, laerskole, hoërskole, ‘n leersentrum, ‘n skool vir spesiale behoeftes, ‘n ABET-sentrum en ‘n destydse departementele musieksentrum skoolgehou. Ek het selfs tydens Covid ‘n tuisskool oopgemaak en ekstra klasse aangebied. Met baie jare se onderwys ondervinding het daar duisende kinders deur my hande gegaan. Alhoewel ek ook in verskeie ander industrieë gewerk het, het my liefde vir skoolhou, vir tale en vir kinders nooit getaan nie. Ek was nog altyd baie lief vir Afrikaans – Afrikaanse outeurs en boeke, Afrikaanse flieks en tv programme en Afrikaanse musiek. By dit het ‘n mamma eendag spottenderwys vir my gesê dat ek my maar moes regmaak om haar kind universiteit toe te vergesel sodat hy kon slaag en ‘n graad 5-kind het een middag na ‘n Afrikaans ekstra klas vir my gesê: “Juffrou, ek wens jy kon saam met my huistoe gaan en my elke dag leer”. Die lawwighede het my lekker laat lag maar vanselfsprekend, my liefde vir Afrikaans en vir kinders en die groot behoefte aan Afrikaans ekstra klasse in ag geneem, het my gedagtes hulleself begin orden en so het Juffrou by die Huis – Afrikaans Taalleer ‘n werklikheid geword. Goedheid en guns.
Jou eie
Juffrou by die Huis xx
2000+
Leerders Ondersteun
3+ Jaar
Ondervinding
KABV
Belyn met Kurrikulum

Videolesse
Kort, duidelike video's wat soos regte klastyd voel — kyk en herhaal teen jou eie tempo.

Aflaaibare werkkaarte en memo's
Druk werkkaarte uit of voltooi dit digitaal om elke les vas te lê. Toets jou kennis met die handige memo's.

Visuele Notas
Kleurvolle blokke, diagramme en slim uitlegte om te help dat inhoud vassteek, selfs al dwaal jou aandag soms af.

Veilige Inhoud
Video's word beskerm en werkkaarte word veilig slegs aan ingeskryfde lede verskaf.

Leer Enige Plek
Met 'n internetverbinding het jy toegang tot JBDH vanaf enige toestel - foon, tablet of rekenaar.

Gebou vir Graad 4-9
Inhoud is aangepas vir die Suid-Afrikaanse Graad 4-9 Afrikaans HT en EAT KABV-kurrikulum en is ideaal vir Graad 10-12 hersiening.